Sign In

Melkkan Akkommodasie

Melkkan Akkommodasie

Category:

Product Description

Melkkan is 5 km buite Welkom op die R710, Butfontein / Bloemfontein / Kaap roete.

Melkkan is in 2014 op die familieplaas Silwerstraal begin en bied unieke ouwêreldse sjarme met ‘n onverdunde plattelandse hartlikheid aan elke besoeker.
Melkkan het baie unieke fasiliteite vir diegene wat moeg is vir die gewone wegbreek:
1. Staproetes: kom stap vroegoggend tussen die natuurlewe of geniet ‘n sonsondergang op die laat middag
2. ‘n Plaasrestaurant wat 7 dae per week oop is met ‘n “Onthou-voedsel-menu”
3. Baie pret vir kinders en sluit in Ziplines, modderkombuis, hindernisbaan, speelgrond en swembad
4. Oornaghutte met unieke ablusieblokke
5. Kraftwinkel met handgemaakte geskenke
6. Trou in ou melkstal met ‘n beloftebos
7. ‘n Piekniekbos
8. Koester plekke in die ouwêreldse eenvoud wat lewensherinneringe wegbêre
Breek weg van die werkskoors in die stad en neem die grondpad van 3 km en ry totdat die stofstrook agter jou die werklikheid agter jou op Melkkan dwarrel.

Reviews

There are no reviews yet.

Add Review

Add Review

Be the first to review “Melkkan Akkommodasie”